Afrikaans - Grade 4
Graad 4 leerders het lekker geleer hoe om plakkate te ontwerp met behulp van Jamboard, 'n opvoedkundige program. Hierdie plakkaat is ontwerp as deel van hul digitale leerervaring tydens toesluit. Vinnige aanpassing aan die gebruik van tegnologie het die leerders se ervarings verbeter.
Met behulp van tegnologie het graad 4 leerders geleer hoe om PowerPoint-aanbiedings te maak, 'n kortverhaal te vertaal en geskikte illustrasies te vind om die aanbieding te voltooi.
Die tegniese leerervaringsreis het die graad 4 leerders die geleentheid gegee om klankopnames van hul mondelinge aanbiedings te doen.
‘n Senuweeagtige, dog aangename ervaring, wat selfs die introverte leerder in staat stel om te praat sonder om die "vrees" te hê om bespot te word. Download audio.